Die Oermens
In die droë Boesmanland is fossielafdrukke van palmagtige plante en beendere van die dinosouriër gevind wat daarop dui dat hierdie gebied miljoene jare gelede moerasagtig was. Toe die mens sy verskyning hier gemaak het, moes dit al relatief droog gewees het.
Die naam Boesman kom van die Hollandse “boschyesmannen”. In van Riebeech se tyd aan die Kaap het Jan Wintervogel in Maart 1655 hulle die eerste in die omgewing van Malmesbury gesien. Hy het hulle beskryf as ‘n nasie klein van postuur, arm in leefwyse, wild en sonder huise en gekleed in “vellekens als dese Hottentots ende mede byna soos spreeckende”.
Kos het bestaan uit veldkos, voëleiers en die vleis van enige dier, behalwe die slang. ‘n Uitgehongerde Boesman het krom geloop met ‘n ingevalle maag. Waar hy vir hulle ‘n bok geskiet het, sê Mac Donald, het hulle aanhoudend vleis gebraai en geëet en geslaap; hulle het geëet soveel as wat die maag kon vat en dan een vir een langs die vure omgeval en geslaap, maar as die oë oopgaan het hulle maar weer geëet en geslaap totdat al die vleis op was. Rou vleis is net geëet as hulle baie dors was om sodoende die vog van die vleis te behou.
Die maak van volstruiseierdop-krale is so beskryf: “Eers word ‘n gaatjie deur ‘n stukkie eierdop met ‘n geslypte tand of so-iets gemaak. Die stukkies word dan styf teen mekaar met seninggare ingeryg. Deur ‘n klip met ‘n silindriese gat word die string heen en weer getrek en afgerond tot omtrent die regte grootte. ‘n Tweede klip het ‘n spits gat en die string krale word met kort plukkies heen en ween getrek en elke kraaltjie wat by die nou opening deurglip word verwyder wat dan beteken dat die string se krale uiteindelik van uniforme grootte is.
Die geboorte van ‘n baba word agter ‘n bos behartig. Die vrou in kraam word bygestaan deur ‘n paar ouer vroue wat die baba sodra dit gebore is in duinsand rol en afvee en na sowat ‘n uur se oponthoud kan die moeder met die baba die tog weer voortsit.

Van die oermens se klipwerktuie word onder die Kalahariduine gevind wat daarop dui dat die mens hier was voordat die duine gevorm het en dat geweldige stormwinde die mens moontlik verdryf het. Waar die mens vandaan gekom het weet ons nie, maar daar is tog aanduidinge dat die mens vanaf sentraal-Afrika suidwaarts beweeg het.
Omdat hier nog geen fossiel – mense ontdek is nie is dit onmoontlik om vas te stel watter tipe oermens langs Grootrivier gewoon het. Hulle klipwerktuie wat feitlik oral opgetel kan word, dui egter daarop dat die oermens oor ‘n baie lang tydperk hier gewoon het en ontwikkel het, want die werktuie toon ‘n reeks van baie primitief tot baie netjies afgewerk.
Uit die wetenskaplike oogpunt kan dit aanvaar word dat daar by die mens veral vier groot trappe van ontwikkeling was.
Die Pithecanthropus met sy groot tande, sterk kakebene en klein voorkop het regop gestap en was ‘n grootwildjagter volgens die bene van groot diere wat saam met sy beendere verskyn.
Die Neanderthalenses met sy gebuigde knieë was kort, taamlik geset en het ‘n dik nek, groot kop, breë neus en sterk kakebene gehad. Sy lang hare het soos ‘n maanhaar uit sy kop, nek en skouers gegroei en sy klipwerktuie was al besonder netjies afgewerk. Waarskynlik het hy veral in grotte gewoon, graag vuur gemaak en sy beendere lê so wyd oor die aarde versprei dat hy moontlik die voorvader van verskeie ander rasse was. Hierdie mens het ook al sy dooies begrawe en kon sowat 100 000 tot 25 000 jaar gelede bestaan het.

Australopithecus
Oor die Australopithecus bestaan daar ‘n meningsverskil. Hierdie aapagtige dier het al taamlik regop geloop, vleis geëet en was veral lief vir die brein van bobbejane, maar sy breinholte was te klein om hom as mens te klassifiseer.
Die Pithecanthropus met sy groot tande, sterk kakebene en klein voorkop het regop gestap en was ‘n grootwildjagter volgens die bene van groot diere wat saam met sy beendere verskyn.
Die Neanderthalenses met sy gebuigde knieë was kort, taamlik geset en het ‘n dik nek, groot kop, breë neus en sterk kakebene gehad. Sy lang hare het soos ‘n maanhaar uit sy kop, nek en skouers gegroei en sy klipwerktuie was al besonder netjies afgewerk. Waarskynlik het hy veral in grotte gewoon, graag vuur gemaak en sy beendere lê so wyd oor die aarde versprei dat hy moontlik die voorvader van verskeie ander rasse was. Hierdie mens het ook al sy dooies begrawe en kon sowat 100 000 tot 25 000 jaar gelede bestaan het.
Cro Magnon
Die Cro-Magnon word beskou as die tipe mens wat net voor die moderne mens bestaan het. Hy het dan ook die koue toestande van Europa maklik oorleef. Hier in Suidelike Afrika was die klimaat meer gematig en dus meer gunstig vir die voortbestaan van verskillende tipes oermense. Een afwyking van die Cro-Magnon was waarskynlik die Boskopmens wie se kopbeen eerste by Boskop naby Potchefstroom ontdek is. Sommige wetenskaplikes meen dat die Boskopmens die voorvader van die Boesman en Hottentot was. Ons hoop maar om eendag nog beendere van die oermens in die kalkgronde van die Grootriviervallei te ontdek.
Die klipwerktuie hier langs Grootrivier toon omtrent alle stadiums van vordering. Let op hoe die werktuie verbeter het van eers net ‘n rivierklip wat aan die een punt skerp gemaak is tot ‘n kapding met ‘n lang punt en daarna is die sye ook afgewerk. Later was dit ‘n kleiner maar baie netjiese werktuig en eindelik is ook messe en skrapers gemaak.
Met ‘n klipmes kon die oermens al ‘n dier afslag en sy vel gebruik. Twee besondere voorbeelde van klipgereedskap is by Friersdale gevind wat lyk of dit gebruik was om grond mee te bewerk so asof hier ook al ‘n landbouer onder die oermens was. Dit laat ‘n mens dink aan die opgrawings by die Bybelse stad Jericho waar die oermense landerye gehad het en ‘n tipe graan met klipsekels afgeoes het.
Die Boesman
‘n Mens wonder maar net; sou dit die Neanderthaller gewees het wat vir duisende jare in groepies oor Suidelike-Afrika versprei was en sou groepies dan later tot ‘n verskil van rasse ontwikkel het volgens klimaatstoestande? Ons weet nie, maar dit is tog moontlik.
Dit was ‘n sekere Piet Botha wat by Boskop naby Potchefstroom ‘n stuk kopbeen uitgeploeg het en so het die naam Boskopmens ontstaan. Nader see-toe is ook later fossiele van die Boskopmens ontdek wat daarop dui dat hierdie mense of taamlik verspreid was of rondgetrek het.

Sommige geleerdes meen dat dit die voorvader van die Boesmans was. Waar die voorwaardes in grotte gewoon en vuur gemaak het, het dikwels genoeg stukkies houtskool oorgebly om ‘n ouderdoms bepaling te maak. Hierdie ouderdomme wissel van 9 300 tot 300 v.C.
Vir die leek is dit dan maklik om te glo dat die Boesman 10 000 jaar oud is. Vir die argeoloog, soos Woudehouse dit stel, is die vraag: “At what point in prehistory does a late Stone Ager become a Bushman”?
Oor die sogenaamde boesmantekeninge bestaan nog geen duidelike uitspraak nie. Die Boesman het geteken dit is waar, maar het ander mense nie ook geteken nie? Sommige geleerdes beweer dat daar twee groepe mense was: die een groep het in grotte en skuilings gewoon en geteken, en die ander groep het in die oop veld geleef en gravures gemaak deur op een of ander wyse die tekens uit te kap.
Mej Dorothea Bleek het die Boesmantaal bestudeer en hulle volksoorleweringe nagegaan en by haar bestaan daar geen twyfel nie; dit is alles Boesmanwerke. By wyse van veralgemening glo Woodehouse dat die boesmantekeninge oor ‘n periode van 2 000 jaar gemaak is en wel gedurende die laat steentydperk.
Dit is jammer dat daar nog geen metode bestaan om die ouderdom van tekeninge vas te pen nie, want die rotstekeninge en gravures sou as ‘n geïllustreerde verhaal die leefwyse en sienings van die voorvaders kon uitbeeld. Tekeninge weg van die rivier soos by Louisvale en anderkant Kleinbegin is al dof.
Gravures wat die beste behoue gebly het, is by Putsonderwater, Noroegas en Biesiepoort. Veral die sowat 300 gravures van Biesiepoort is besonder interessant. As aanvaar sou word dat die gravures sowat 7 000 jaar oud kan wees en dat die kuns oor sowat 2 000 jaar beoefen was dan kan ons miskien die stelling maak dat die dowwe verweerde gravures 7 000 jaar oud is en die relatiewe vars werke 5 000 jaar.

Onder die ouer werke is daar eienaardige strepe of drade en onreëlmatige patrone wat moontlik dui op die gees van die dooies. Die drade verlaat die dier soos wat die lewe, asem of gees die dier by die dood verlaat. Die los onreëlmatige patrone dui moontlik daarop dat die dier se gees nog vir ‘n ruk lank hier op die aarde vertoef.
Onder die jonger gravures is daar die pragtige fyn omlynde diere vol van lewe en beweging, bepaald die werke van ‘n meesterhand. Dan is daar die rowwe ongebalanseerde beelde wat ‘n swakker kunstenaar aandui. Moontlik was die vermoeëns van die kunstenaar so bewonder en gerespekteer dat hy van water en voedsel voorsien is sodat hy tydsaam sy kunswerke kon voltooi.
Ds. Weich, tans sendeling onder die Boesmans, in Suidwes (nou Namibia), vertel mondeliks dat die kunstenaar daar, eintlik op neergesien word, want hy mors sy tyd met tekeninge in plaas van dat hy liewer kon gaan jag het. Diere soos die olifant, renoster, kameelperd, gemsbok, eland, koedoe, springbok, volstruis en kleiner boksoorte is uitgebeeld.
Dan is daar ook die dansende vrou; sy is taamlik geset met ‘n mini rokkie en hooftooisel en by haar is fladderende voëls en met haar uitgestrekte arms doen sy ‘n seremoniële dans. Sou sy ‘n ander nasie verteenwoordig of sou sy dalk inskakel by die klipwerktuie wat dui op ‘n ander beskawing? Ons weet nie die antwoord nie.
Die naam Boesman kom van die Hollandse “boschyesmannen”. In van Riebeech se tyd aan die Kaap het Jan Wintervogel in Maart 1655 hulle die eerste in die omgewing van Malmesbury gesien. Hy het hulle beskryf as ‘n nasie klein van postuur, arm in leefwyse, wild en sonder huise en gekleed in “vellekens als dese Hottentots ende mede byna soos spreeckende”.
Teen omstreeks 1700 was hulle bekend as die gesamentlike vyand van blank en nie-blank en is hulle reeds soos wilde diere doodgeskiet. In 1774 is in die omgewing van Piketberg alleen 503 geskiet en 239 gevang. In 1777 is aan die grensboere verlof gegee om hulle voor die voet dood te skiet.
Die Politieke Raad het later aanbeveel dat die Boesmans liewer gevang moet word en het ‘n prys van sowat R3,00 per lewende Boesman betaal. In die omgewing van Graaff-Reinet is egter oor die jare 1786 – 1795 slegs 669 gevang terwyl 2 504 geskiet is.
In 1792 het kmdt Tjaart van der Walt se kommando nog 500 langs die Sakrivier geskiet. Eers in 1798 onder Lord Macartney is die jag op Boesmans verbied en is die distrik oorkant die Sakrivier vir hulle afgesonder. Veldkornette Floris Visser en Jacob Louw is aangesê om vir hulle beeste en skape te kollekteer en hulle het ook werklik probeer boer, maar diegene wat nie vee ontvang het nie, het eenvoudig net by die ander gaan steel en die diere geslag.
In Maart 1862 het Louis Anthing nog 500 Boesmans in die omgewing van Kenhardt gekry. Hy het vir hulle bokke gekollekteer om te boer, maar die poging het ook misluk. Die Boesman was ‘n jagter en wie ookal in sy jagveld kom boer moes gewillig wees om van sy mak diere te verloor. Onder die boere was daar dan ook die gesegde dat daar net een goeie Boesman sou bestaan, ‘n dooie.
Stadig maar seker het Blanke- en Basterboere die weivelde ingeneem tot aan Grootrivier en die Boesman moes voor die geweer padgee oor die rivier Kalahari toe. Met die Tweede Korana-oorlog in 1879 skryf Jackson dat baie Boesmans in diens by die Koranas is en “It is a custom of all powerful tribes on the Northern Border to hold as many Bushmen as they are able to collect as landsmens or slaves and to employ them for hunting purposes. In time of war the Bushmen are employed against the enemies of the tribe to which are attached”.
Langs Grootrivier is vandag geen Boesman meer nie. Aan die rand van Kalahari waar die wind kraalvormige holtes uitgewaai het in die rooi duinsand lê net die tekens van ‘n vroeëre bestaan; krale van volstruiseierdoppe, klippe, pylpunte, slypstene en maalklippe en soms potskerwe. Af en toe word nog volstruiseiers met die gaatjie bo deur die wind oopgewaai.
Ons laaste verhaal van die Kalahari-Boesman is opgeteken deur C F Mac Donald met verwysing veral na die groepie wat hy 1940-1945 onder sy sorg geneem het. Volgens hom het hierdie Boesmans geen vaste woonplek gehad nie, maar hul slaap net waar die son vir hulle ondergaan, want die daaglikse lewe het maar net bestaan uit ‘n gesoek na kos en water.

Gemsbok Komkommer
Na reëns kon hulle wel water in panne kry, maar daarna was dit net tsammas en gemsbokwortel of die gefiltreerde pensmis van diere of nog erger, rou bloed en die diere se urine. Hulle het nooit enige voorsorg gemaak vir die dag van more nie, maar water is tog gebêre in volstruiseierdoppe met byewas verseël en tsammas is onder die grond begrawe. Mac Donald reken dan ook dat die dorsdood die grootste enkele faktor was wat tot die vermindering van Boesmangetalle gelei het.
Kos het bestaan uit veldkos, voëleiers en die vleis van enige dier, behalwe die slang. ‘n Uitgehongerde Boesman het krom geloop met ‘n ingevalle maag. Waar hy vir hulle ‘n bok geskiet het, sê Mac Donald, het hulle aanhoudend vleis gebraai en geëet en geslaap; hulle het geëet soveel as wat die maag kon vat en dan een vir een langs die vure omgeval en geslaap, maar as die oë oopgaan het hulle maar weer geëet en geslaap totdat al die vleis op was. Rou vleis is net geëet as hulle baie dors was om sodoende die vog van die vleis te behou.
Die maak van volstruiseierdop-krale is so beskryf: “Eers word ‘n gaatjie deur ‘n stukkie eierdop met ‘n geslypte tand of so-iets gemaak. Die stukkies word dan styf teen mekaar met seninggare ingeryg. Deur ‘n klip met ‘n silindriese gat word die string heen en weer getrek en afgerond tot omtrent die regte grootte. ‘n Tweede klip het ‘n spits gat en die string krale word met kort plukkies heen en ween getrek en elke kraaltjie wat by die nou opening deurglip word verwyder wat dan beteken dat die string se krale uiteindelik van uniforme grootte is.
Die geboorte van ‘n baba word agter ‘n bos behartig. Die vrou in kraam word bygestaan deur ‘n paar ouer vroue wat die baba sodra dit gebore is in duinsand rol en afvee en na sowat ‘n uur se oponthoud kan die moeder met die baba die tog weer voortsit.
Volgens Mac Donald is die gitswart babahare by geboorte sag en glad, maar gou begin dit te krul en na sowat twee uur is hy kroeskop. Mnr George Pearson vertel dat die Boesmanbabas wat hy die in die Kalahari gesien het, slegs donshaartjies gehad het.
Mev. Maria Engelbrecht weet dat opregte Namas by geboorte sagte reguit haartjies het wat uitval en die nuwe hare kom dan as kroesies uit. Aan die begin drink die baba net by die moeder, maar later word die kleinding deur enige vrou verwelkom of sy nou melk het of nie. So vroeg as twee dae na geboorte word fyngekoude vleis al in die mondjie gedruk. ‘n Boesmankindjie is oral welkom en word deur almal vertroetel.
Die Boesman is opgeruimd en plesierig en dans byna elke aand in welke geval die vroue en kinders sing en hande klap, terwyl net die mans dans. Hulle is onderling behulpsaam, onselfsugtig en broederlik en selde word daar gestry. Hulle is egter hardkoppig en slae of straf het self enige waarde, hoewel mooi woorde gewoonlik die gewenste uitwerking het.

Hul verstandelike ontwikkeling is laag en hulle handeling is gewoonlik kinderagtig en hul word deur kinderlike dinge geamuseer. Enige anderskleurige word egter met suspisie bejeën totdat so ‘n persoon eers die Boesman se vertroue gewen het.
Soos kinders vertel hul ook hul wolf- en jakkalsstories, maar met die verskil dat hulle dit werklik glo. Hulle het ook ‘n grootslang of njoriquekagame wat eens in die Kalahari gewoon het en by vergelyking so groot soos ‘n trein was. Hierdie slang het sommer enige mens en dier lewendig ingesluk.
Volgens Mac Donald word ‘n Boesman nie juis siek nie, behalwe vir brandwonde en slangbyt. Die brandwonde word opgedoen omdat hulle gewoonlik langs die vuur slaap. Hulle ent hulself in met gedroogte vleis van ‘n sekere slangetjie, die njobboslang, wat besonder giftig is en ook besonder vinnig. Mac Donald vertel dat die njobbo twee klein voetjies aan sy voorlyfie het en kan soos blits verdwyn. Wanneer een deur ‘n slang gebyt word, sny hulle dadelik die bytplek en druk ‘n stukkie gedroogte njobbo daarin.
Die oudste wat te swak word om met ‘n groepie saam te loop sterf ‘n alleendood. Nadat hy vir 14 jaar die Boesmans geestelik bearbei het, vertel Ds. Weich by ondervraging die volgende:
1) Dat die intelligensie nie laag kan wees nie, want die jeug doen baie goed op skool.
2) Dat die grasskermpies wel bestaan waar oues van dae agtergelaat word, maar siek oumense word ook begrawe as so ‘n persoon na hulle oordeel in elk geval sal sterf. So het hy (Weich) ‘n begrafnis verbied en die ou vrou het eers vier dae later gesterf.
3) Hulle glo aan ‘n God, maar die onderwerp is vir hulle so belangrik, dat dit nie met nie-Boesmans bespreek word nie en die idioom lui dat ‘n mens nie na ‘n leeu toe loop nie.
Vir so ‘n oue word net ‘n klein grasskermpie gemaak en ‘n klein voorraad tsammas en veldkos word daar gelaat en die oue moet agterbly om te sterf terwyl die res aanstap.
Die Korana
Die eerste kennismaking met die Kaapse bruinmense dateer na 1503 toe ‘n Portugese skip onder Antonio da Saldanha by Tafelbaai aangedoen het. Vandaar dan ook die ou naam Saldanhabaai vir Tafelbaai en Saldanians of Saldanhars vir die inboorlinge.

Latere seevaarders het die mens Hüttentüt genoem omdat die klik-taal hulle aan hakkelaars laat dink het. Die Hüttentüts het na hulself verwys as die Khoin-Khoin wat beteken die regte of beste mense. Die naam Kora of Xhora of Chora dateer na 1613 toe Kapt. Towerson met die Hector by Tafelbaai land en twee van die inboorlinge ontvoer.
Een is op see oorlede, maar die ander een, Kora is na Engeland geneem waar hy by Sir Thomas Smythe aan huis gewoon het. Sir Thomas was ‘n lid van die East India Company en wou meer uitvind oor toestande aan die Kaap. Hy het dan ook vir Kora in Europese drag uitgerus, blink gespes bokant die knieë en op die skoene, ‘n helder geelkoper ketting op sy lyf en blink aanhangsels waar moontlik, ‘n belangrike gas, maar Kora het Kaap toe verlang en is na twee jaar ook teruggestuur.
In latere geskrifte word genoem dat hierdie stam se hoofman die naam Kora gehad het, maar die bogenoemde Kora het eintlik na homself verwys as ‘n Kora en so laat as 1971 was hier op Upington nog ‘n Korana-man met die naam Isak wat ook vertel het dat hy ‘n Kora was. Dit lyk dus meer na die naam van ‘n stam as ‘n persoon.
In 1615 moes eerw. Edward Terry met ‘n aantal siek matrose aan die Kaap agterbly en hy beskryf hierdie mense (wat waarskynlik Koras was) in hul natuurlike leefwyse as “beasts in the skin of men”. Hulle was vuil en het die binnegoed en derms van diere om hulle nekke gedra om later te eet en “bowing en bringing their mouths to their hands almost as low as their knees like hungry dogs would eat the raw guts when you may conceive their mouths full of sweet green sauce”. Hulle koppe en gesigte was besmeer met ‘n mengsel van beesmis en vet sodat hulle bokant die wind afskuwelik gelyk en geruik het.
Met die koms van Van Riebeeck het hierdie mense tussen Soutrivier en Tygerberg gewoon waar hulle toe die Gora chouquas genoem was. In 1857 steel hulle die koloniste se oes van sowat 100 lb (sê 50 kg) tabakblare en van toe af was hulle bekend as die Tabakdiewe.

Die Tabakdiewe het teen 1670 begin trek en dit word beweer dat hulle noord van die Roggeveld- en Nuweveldberge in kleiner stamme verdeel het sodat hulle uiteindelik langs ‘n wye front vir Grootrivier bereik het. Hier was die stamme bekend as die Taaibosse, Katte, Smalwange, Spinnekoppe ens.
In 1778 / 79 het Wiker hulle hier as die Riviervolk beskryf en het hulle aan weerskante van die rivier of op eilande gewoon vanaf Augrabies tot omtrent by Prieska.
Oor hulle sedes en gewoontes sê Wikar dat die stamme dikwels onderling oorlog gemaak het en omdat so baie mans gesneuwel het, was dit wet dat mans van die vrouens moes byvat sodat mans soms tot ses vrouens gehad het. As ‘n man sterf moes sy broer die vroue byvat en as ‘n pa sterf moes die oudste steun sy pa se jongste vrou vat.

Seuns is opgevoed as jagters en as ‘n seun sy ma goed uitvloek en met klippe gooi was dit die teken dat hy ‘n groot jagter sou word. Wikar se aanraking met die Koranas in 1778 / 79 was eintlik op ‘n baie leersame tydstip; dit was omtrent 100 jaar na hul kennismaking met Van Riebeech se mense en amper 100 jaar voordat hulle deur sendelinge bearbei is, dus, as dit so gestel kan word, die Korana in ‘n onaangeraakte toestand.
Hierbo is genoem hoe Edward Terry hul beskryf het as “beasts in skin of men”. Dit was in 1615. Sowat 160 jaar later was daar groot vordering gemaak op geestelike vlak (in ag geneem dat hulle wel met ander mense in aanraking was), want daar was ‘n morele kode wat met die hofmakery en huweliksseremonie uitgebeeld word.
Wikar vertel dat die hofmakery as volg geskied het: “Die jong man wat die meisie besoek het met sy slaapvel, haar blyplek besoek (dus weet die ander vir watter doel hy kom) en gekyk waar sy haar slaapvel oopgooi. As almal die vuur verlaat het, het hy sy velletjie langs hare gaan oopgegooi. Sy moes dan padgee en op ‘n ander plek gaan lê, maar hy mag nie verskuif nie. Sy sal hom dan vir ‘n hele paar aande tart om te sien of hy ernstig is.
Een goeie aand sal sy nie padgee nie. Dis dan die jawoord. Die volgende oggend sal hy baie laat opstaan en by sy lêplek ‘n string krale laat wat sewe maal om skoonma se heupe kan gaan. Deur in helder daglig met sy slaapvel na sy eie hut te stap was vir almal om te sien dat hy die jawoord gekry het. Die huweliksseremonie het verkieslik op ‘n maanligaand plaasgevind. Die bruidegom moet ‘n dier met die vier pote vasgemaak by die bruid se hut laat en padgee, verkieslik gaan jag en die nag buite in die veld slaap.
Sy vriende sal die dier afslag terwyl ouer vroue die bruid inlig oor die geheime van die huwelik en dit sal mooi wees as sy haar kop laat sak en huil. Die gaste sal eet en dans, maar die bruid moet eenkant sit en wag dat ‘n vriend van die bruidegom die dier se galblaas aan haar hare vasmaak om die bose geeste weg te dryf en die dier se vetderm met boegoe besprinkel en om haar nek hang as seënwense vir ‘n voorspoedige huwelik.
Hulle het, volgens Wikar, geen Godheid aangehang nie, maar daar was tog ‘n begrip van ‘n slegte duiwelagtige wese wat oorlog en warrelwinde veroorsaak en ‘n goeie wese wat die klippe gemaak het en die mens is weer afkomstig van die klippe.

Die verhaal van die haas dui op ‘n idee van opstanding. Die haas was ‘n slegte dier en is nie geëet nie, want lank gelede is haas gestuur om vir die mens te gaan sê dat as iemand sterf moet hulle nie hartseer wees nie, want net soos die nuwe maan weer verskyn so sal die gestorwene ook weer herrys. Haas het lui geword om so ver te hardloop en het toe vir bosluis gestuur, maar bosluis wou nie so vroeg opstaan nie en dus moes haas maar self verder gaan.
Hy was vies en het toe vir die mense gelieg en gesê dat as hulle sterf bly hulle dood en hulle sal nie soos die maan weer lewendig word nie. Volgens Wikar is die dooies naak en in ‘n sittende houding begrawe. Andere sê die kop is tussen die bene gedruk, terwyl die lyk nog warm was en dan met ‘n karos toegedraai.
Met Campbell se reis van 1822 het hy die Koranas beskryf as lui mense wat net jag, slaap en dans. Soggens, sê hy, slaap hulle baie laat, rook ‘n bietjie en kruip dan handeviervoet na die naaste skaduwee om verder te slaap.

Ou mense is as waardeloos beskou en is alleen gelaat om deur wilde diere gevang te word. Met Schröder se koms in 1871 het hy die slaapdrang geskryf as: “Het zwaarste dat die Koranas doe is slapen. Zy slapen totdat zy vermoeid worden van slapen”.
Die kinders het naak geloop, mans het velklere gedra en later flenterbroeke deur smouse verkry. Die vroue se kleredrag is deur Schröder genoem as “te omwel- voeglik te beschryven”. Thompson noem dat die vroue slegs ‘n velvoorskoot gedra het en hul borste oor die skouers gegooi het.
Die huise is verskillend beskryf as halfronde paalhutte tot ronde matjieshuise met twee deure. Kooigoed van velle. Beeste, skape en bokke was bekend, maar perde was onbekend. Melk was ‘n belangrike bron van voedsel en by tye dat die melk skaars word is water en sout bygevoeg.
Vleis is hoofsaaklik deur jag verkry, eers met pyl en boog en spiese en later met gewere. Dit is dan ook gesê dat die mans net wou jag en dans en slaap. Hande arbeid is omtrent nooit verrig nie en Schröder skryf dan ook: “Het was een merkwaardige gezicht de trage onhandige Koranas met die spade te zien werken”. Hy moes hulle twee twee met een graaf laat werk.
Met die aankoms van blanke- en Basterboere het die Koranas lustig geroof en gesteel en dan met die gesteelde vee na die digbebosde eilande gevlug. Dit het gelei na die Korana-oorloë van 1869 en 1879 en na die laaste oorlog is plase aan Basters toegeken. Koranaland het nou Basterland geword en die Koranas het as ‘n volkie opgehou om te bestaan. Met ondertrouery het hulle heeltemal verdwyn en vandag is net die Koranaberge nog daar om te herinner aan ‘n volkie wat verdwyn het.
Basterland
Aan die Kaap het bloedvermenging oor verskillende periodes en op verskillende vlakke plaasgevind. Die Portugese seevaarders het die woord Hüttentöt geskep met verwysing na die kliktaal wat vir hulle ‘n hakkeltaal was en Portugese vaders en Hottentot moeders het die eerste produk van verbastering gelewer.
In Van Riebeeck se tyd was daar ‘n tekort aan blanke vroue aan die Kaap en vermenging tussen blanke vaders en slawevroue het daartoe gelei dat gedurende die eerste twintig jaar 75% van kinders wat gebore is basters was. In 1685 is huwelike tussen blankes en slawe verbied, maar teen hierdie tyd het slavinne al ontdek dat hulle ‘n ietsie kan verdien deur soldate en matrose van besoekende skepe te ontmoet.
Terwyl hierdie tipe van bloedvermenging aan die gang was, het manlike slawe weer Hottentotvroue besoek en ‘n ander tipe van vermenging veroorsaak. Predikante wou gemengde huwelike nie seen nie, maar Wagenaar het die vermenging “Als iets heilzaams” genoem.
Die afstammelinge van blanke vaders het begin groepeer en wat as die eerste Basternedersetting beskou kan word was die groep naby die teenswoordige Clanwilliam waar uit ‘n getal van 257 slegs 16 blankes en 10 slawe was. Die basters het begin uitwyk na die onbewoonde gebied in die noordweste en teen 1825 was daar van twee na drie duisend Basters in die omgewing van die Bokkeveld.

Die Basterboere was gedurig op soek na beter weivelde en teen 1850 het die Rynse Sendinggenootskap hulle begin bearbei en het hulle in groepe begin saamtrek by plekke soos Steinkopf, Komaggas in Namakwaland en verder oos by De Tuin, Amandelboom en Schietfontein.
Teen 1860 is die plase opgemeet en as pagplase aan die hoogste bieder verhuur en die Basterboere het weer nuwe vrye “Trekvelden” gesoek en so oor die Oranjerivier na Gordonia, Mier en Rehoboth getrek.
Teen 1870 was daar geen Basters met ‘n vaste woonplek meer suid van Grootrivier gevind nie. ‘n Groep trekkende Basters was deur Mnr Schröder vergesel, maar moes as gevolg van die droogte lank by Warmbad oorstaan en so het dit dan gebeur dat hy op Warmbad sy aanstelling as sendeling vir Koranaland ontvang het.
Op Olyvenhoutsdrift het Schröder met Klaas Lukas gereël dat Basters ook hier mag woon deur die betaling van ‘n sekere bedrag vir burgerregte. Na die Tweede-Korana oorlog in 1879 wou die Kaapse regering ‘n bufferstaat skep tussen die blankes in die suide en die Bantoes in die noorde en so het Koranaland dan Basterland geword. Basters of blankes wat hulle met Basters vereenselwig kon nou hier plase kry.

‘n Raad van Beheer moes die plase toesê en hierdie Raad het voortbestaan tot 30 Junie 1889. Die Raad het bestaan uit sewe lede onder die voorsitterskap van Mnr Scott as spesiale Magistraat. Die plase is te perd afgesteek; met ‘n vinnig-stampende perd ‘n halfuur breed en twee uur lank sodat soveel plase as moontlik aan die rivier kan grens.
Sulke plase is eers op ‘n latere stadium opgemeet. Basterland het eintlik geen vaste grense gehad nie en was maar rofweg aanvaar as al met Grootrivier op van Augrabies tot by Kheis en met ‘n noordelike grenslyn beskryf as suid van die Kalahariduine.
Dit was eers met Proklamasie nr. 60 van 11 April 1899 dat Basterland as die distrik Gordonia geproklameer is dat die grense beskryf is as van die baken Andriesfontein op die grens van Griekwalandwes na die Oranjerivier en weer al met die Moloporivier tot by die suidelike baken van Abeam en dan ‘n reguit lyn na Andriesfontein.
In 1891 is die grenslyn weer verskuif om by die grense van Suidwes (Namibia) en Betsjoenaland (Botswana) aan te pas. Met hierdie geleentheid is ook die sogenaamde “Ports of Entry” gestig wat eintlik polisieposte was en waarvoor die kamele ingevoer was.
Die Basters het ‘n goeie reputasie gehad as produktiewe boere. Volgens ‘n 1855 tot 1856 opname in die Sakrivier omgewing het hulle 71 000 kleinvee, 1 300 beeste en 640 perde besit. In 1858 het die 500 Basters van Schietfontein (Carnavon) 40 000 stuks kleinvee besit.
Met Schröder se terugkoms van Witsieshoek in 1883 was hier sowat 200 Baster- families. Schröder was deeglik bewus van die Basters se liefde vir “Trekvelden” en daarom was hy gekant teen die idee van private grondbesit en hy het dit selfs van die kansel af genoem dat die Basters tog nie hulle plase moet verkoop nie.

Blankes het egter eiendomsreg begin kry en teen 1893 skryf Schröder dat Upington geen sendingstasie meer was nie, maar wel ‘n dorp met ses winkels, een hotel en twee “kantienen” en in dieselfde jaar (19 September 1893) is hier dan ook ‘n blanke gemeente gestig.
Veral twee redes kan aangevoer word vir die verdwyning van Basterland, naamlik die ontwikkeling van besproeiingsgronde en die Anglo-Boere oorlog.
Op 25 Mei 1883 was Schröder terug op Upington en reeds op 15 Augustus het hy die kanaal begin grawe. In dieselfde jaar het hy ook met die kanaal op Keimoes begin. Hierdie kanale is monumente vir die Basters en dit is hulle wat die besproeiingsgrond ontwikkel het, maar hulle was veral veeboere en was lief om te trek.

Reeds in 1894 was daar van die 77 besproeiingserwe op Upington nog net 33 in die hande van Basters en vyf jaar later rapporteer die spesiale magistraat dat “The Bastards are going backwards year by year”. Hulle het skuld gemaak, eiendomme aan blankes verkoop en begin trek.
Volgens J.S. Marais (The Cape Coloured People) het daar ‘n verbete haat tussen Boer en Baster met en na die Vryheidsoorlog ontstaan. Hierdie was seker die grootste enkele slag wat die Bastergemeenskap kon tref. In Mei 1900 is Border Scouts deur die Britte in die lewe geroep en hierdie korps het hoofsaaklik uit Basters bestaan.

Nagenoeg 800 Scouts het die gebied tussen Prieska en Springbok gepatrolleer, op die Boere gespioeneer, hulle uitgetart en waar moontlik verneder. Die Scouts is verag en verafsku en die scout-stigma het aan alle Basters gekleef. Waar die geleentheid ontstaan het is ‘n scout sonder seremonie doodgeskiet, maar dit was veral na afloop van die oorlog dat die Basterboere die hardste getref is.
Boere en blanke handelaars het met gebruikmaking van skuld en sterk drank die Bastergronde ingepalm. Selde, sê Marais, is met geld betaal en plaaslik word vertel hoe die koopprys in terme van goedere bereken is. Basterland het verdwyn en tesame daarmee het die pionierswerke van die Basters vergete geraak.
Hier langs Grootrivier het die kinders van Boer, Brit en Baster saam skooltoe gegaan, maar na die oorlog het ‘n wond oorgebly wat nooit weer in die sosiale geskiedenis geheel kon word nie. Die Basters kon uitwyk na Suidwes (Namibia) of ‘n plaasarbeider of ‘n rondloper word. Die eens trotse Baster het verdwyn en Basterland het Gordonia geword.
Deur: A.K. Cornelissen. Alwyn het hierdie geskiedenis in die 1970's aangeteken.
Hierdie is die mees digbevolkte besproeiingsgebied van ons land met die droë kalkvlaktes van Kenhardt en Boesmanland na die suide en die sandduine van die Kalahari na die noorde.
Vir my as geoloog is dit ‘n gebied van oorsaak en gevolg, van waarneem en interpreteer en dan na alles die gebied waar ‘n mens jou medemens kan dien om ten volle mens te wees. Kyk na die sweetkolle op die hemp van arbeider, kyk na die kameeldoringboom en wonder hoe oud hy is, kyk na die kalkvlaktes en wonder hoe het dit ontstaan en dan eers as jy weet dat jy min weet sal dinge waarde kry, en eers as jy raaksien sal jy sien hoe baie hier is om te sien.
Hier is die sewestêr en die suidekruis snags helder, want hier is die lug skoon. Hier was die pioniers natuurmens en ons bring hulde aan hulle wat ons voorgegaan het.

Verwysing: Wollie Burger
Saamgestel: Johan Swart. Beelde bygevoeg vir duidelikheid.
Naslaan Verwysings: