Die distrik Gordonia het sy eie klein oorloggie gehad toe die Ferreira broers in 1906 vir Suid-Afrika wou bevry van die Engelse juk. Moontlik was dit van Duitse kant af net ‘n steekproef om te sien hoe gevoelens loop, veral met die oog op die rebellie wat later sou volg.
Na die Anglo-Boere-oorlog in 1902 het gevoelens hoog geloop en heelwat van die jonger burgers het na Suidwes gegaan. Sulke jong seuns het eintlik in die oorlog volwasse geword en onder Duitse bewind het hulle gaan deelneem aan die inboorling oorlog. John Hendrik Ferreira was dan ook as sewentienjarige in bevel van ‘n verkennerskorps in Suidwes en is tweemaal vereer vir dapperheid.
Sy halfbroer Pieter Fisher het ook as Ferreira deurgegaan en nog twee Wes Transvalers Pieter van Dyk en Renier Potgieter asook die Kolonialers Frans Rietief, Hendrik Jooste en Frederik Venter was lede van die korps plus sowat sestien inboorlinge.
C.J.S. Strydom reken dat die plan om die Kaapkolonie binne te val waarskynlik by Pieter en John Ferreira ontstaan het. Op 6 November 1906 het hulle die Suidwesgrens oorgesteek by die plaas Naute naby Noenieput en die pad gevolg na Abeam, Swartmodder en Steenkampspan.

Moontlik het hulle hier versprei en in pare by die plase Kurrees, Steenkampspan, Airemagam, Kameelpoort ens. aangedoen. Hulle is meestal goed ontvang, kos en slaapplek aangebied en probeer oorreed om van die dwase plan af te sien. Die jong manne was egter op die oorlogspad en soos hulle beweginge bekend geword het, het die boere hulle gewere weggesteek en perde na die Kalahari gestuur.
Aan die begin het hulle sukses gehad. By Abiekwasaar het hulle perde water gegee en ‘n polisieman, ene Skinner ontwapen en sy perd gevat. Skinner het op ‘n wyse daarin geslaag om per heliograaf die nuus na Upington te stuur en kaptein White het met 20 polisiemanne en 25 Basters na die Ferreiras begin soek.
By Swartkopdam het hulle £18.10 van ‘n smous gevat en daarna vir O.P. Spannenberg van Naroegas en G. Arangies van Abeam gedwing om by hulle aan te sluit. Naby Abeam was die spekulant J.B. Bomsbottom wat £60 moes gee, die smous A. Thompson wat £5 moes afstaan en ‘n boer H.M. Blaauw moes sy twee gewere gee.
Die polisiepos by Abeam is in die nag onder koeëls gesteek en konstabel W.O. Bellew het aan sy wonde beswyk terwyl Cox later in die hospitaal op Upington herstel het. Die buit was vier polisieperde, ‘n paar gewere, ‘n rewolwer en heelwat ammunisie. Hierna het hulle die poskar na Rietfontein teë gekom en £11 in briewe gekry asook pakette met klerasie.
Sowat 30 km van Upington het hulle met Kapt White in aanraking gekom en in die rigting van die duine gevlug. Waarskynlik was dit kort hierna dat hulle die ou jagter Pearson raak geloop het. Pearson wou hom nie laat oorreed om aan te sluit nie en hy is geblinddoek en beveel om te bid, maar die stoere ou Kalahari jagter sou gesê het: “shoot and be damned” en toe plunder hulle net sy kamp en laat hom alleen.
Teen hierdie tyd was die nuus van die inval bekend en die Kaapse Regering was nog baie bekommerd want in die Noordweste was nog baie oud-rebelle. In alle haas is polisieversterkings na Upington gestuur onder Kol. H.T. Lukin en die Border Scouts onder A. Siepker is weer opgeroep.
Op Kenhardt is selfs ‘n tuiswag gestig en die magistraat te Upington het rapport- ryers uitgestuur. Een van hierdie rapportryers was J.A. van der Merwe van Keidebees. Hy het die nare ondervinding gehad om, toe hy oor die plaas Steenkampspan aankom (toe bewoon deur Isak Burger) het hy sy eie seun Frans daar te woord moes staan.
Frans is deur die Ferreiras gedwing om by hulle aan te sluit. Hier het Pieter Fisher (halfbroer van John Ferreira) verduidelik dat hulle onder die swart vlag veg en “………………. God het julle in my hand gegee en wat ek besluit is reg. Die wat nie vir ons is nie, is teen ons en word doodgeskiet.”

Pa van der Merwe is vyf minute kans gegee om te besluit en toe skiet Hendrik Jooste met ‘n rewolwer sy hoed van sy kop af en wond hom net effens. Die pa is beveel om net daar te bly terwyl die seun saamgaan. Met die geveg op Karos is Frans en Pieter van Dyk gedood.
By hierdie skermutseling was daar sowat 20 man in die vuurlinie en sowat ‘n dosyn in die leegte verder aan. Baie van die rekrute wat onder dwang moes aansluit het snags weggeloop.
Die skermutseling op Karos het op Maandag, 12 November plaasgevind en op Vrydag, 16 November was daar ‘n boeredans op Grootdrink toe verneem is dat die Ferreira's almal gevang is wat beteken dat hierdie opstootjie maar sowat tien dae geduur het.
Die voorlopige verhoor het op Upington plaasgevind en eers op 20 Februarie 1907 is die vonnis gevel nadat die regter nog onseker was oor wat nou eintlik die doel van die inval was. Vier is ter dood veroordeel, maar omdat die politieke gevoelens nog baie hoog geloop het, het die goewerneur dit versag na tussen 15 jaar en lewenslange dwangarbeid. Met Uniewording in 1910 is die vonnisse verder versag en teen 1925 moes almal weer vry gewees het.
Vat jou goed en trek Ferreira, Jannie met die hoepelbeen.
Dit word vertel dat John Ferreira mank geloop het en heelwaarskynlik het hierdie ou liedjie sy ontstaan te danke aan die Ferreira-inval.
Deur: A.K. Cornelissen. Alwyn het hierdie geskiedenis in die 1970's aangeteken.
Hierdie is die mees digbevolkte besproeiingsgebied van ons land met die droë kalkvlaktes van Kenhardt en Boesmanland na die suide en die sandduine van die Kalahari na die noorde.
Vir my as geoloog is dit ‘n gebied van oorsaak en gevolg, van waarneem en interpreteer en dan na alles die gebied waar ‘n mens jou medemens kan dien om ten volle mens te wees. Kyk na die sweetkolle op die hemp van arbeider, kyk na die kameeldoringboom en wonder hoe oud hy is, kyk na die kalkvlaktes en wonder hoe het dit ontstaan en dan eers as jy weet dat jy min weet sal dinge waarde kry, en eers as jy raaksien sal jy sien hoe baie hier is om te sien.
Hier is die sewestêr en die suidekruis snags helder, want hier is die lug skoon. Hier was die pioniers natuurmens en ons bring hulde aan hulle wat ons voorgegaan het.

Verwysing: Wollie Burger
Saamgestel: Johan Swart. Beelde bygevoeg vir duidelikheid.