Hierdie wêreld is ryk aan ou stories, maar seker die mees verbeeldingryke verhaal is die legende van die grootslang. Dis nou as ‘n mens dit ‘n legende kan noem, want tot vandag toe is daar mense wat glo dat so ‘n slang wel bestaan.
Bes moontlik het die verhaal sy ontstaan te danke aan luislange en so vroeg as 1838 verwys Sir James Alexander na ‘n twaalf duim (sê 30 cm) breë slangsleepsel langs die Oranje in die Richtersveld. Daar is dan ook aan hom vertel dat die slang homself oprol omtrent so groot soos ‘n wawiel en as die slang van die berge af rivier toe kom dan is dit die teken van ‘n goeie reënjaar.
Dit word geglo dat die slang sowat 13 meter lank is en dat hy gewoonlik ‘n ster op sy kop dra. Hierdie blink ster is diamantvormig en omtrent so groot soos ‘n tennisbal en op sy kop sit ‘n bakkie (holte) waarin die ster net mooi pas.

In 1889 sou die slang deur ‘n sekere Kinnear by Upington gesien gewees het. Kinnear het boerbokke geruil wat met ‘n skuit oor geroei is toe hulle sowat drie meter van die slang se lyf bo die water gesien het. Die slang se kop het gelyk soos die van ‘n koei, sê agt duim (20 cm) breed, en sy lyf was omtrent so dik soos die bobeen van ‘n groot man.
Dit word geglo dat die slang sowat 13 meter lank is en dat hy gewoonlik ‘n ster op sy kop dra. Hierdie blink ster is diamantvormig en omtrent so groot soos ‘n tennisbal en op sy kop sit ‘n bakkie (holte) waarin die ster net mooi pas.
Hy kan die ster op die grond neersit en die ster trek dan van so ver af as oorkant die rivier ‘n mens of dier na hom toe. Die slang kan met sy stert se punt die ster optel en terugsit, of hy kan net sy kop vooroor buig en die ster sal vanself weer in sy bakkie gaan sit.
‘n Mens kan die ster steel deur vinnig ‘n emmer met nat beesmis daarop om te keer en dan kan jy loop en die slang sal jou soos ‘n hondjie volg, maar hier teen vanaand se kant moet jy tog rus en dan is daar moeilikheid.
Die slang se broeiplek is by Augrabies, maar jy kan hom ook onderkant die waterval tot by die mond, of bokant die waterval tot waar Grootrivier en Vaalrivier deel, of sommer ook in die berge ver weg van die rivier af vind.
Hierdie grootslang kan vreeslike dinge doen. Hy kan ‘n sterk stroom lug uitblaas, so sterk dat hy ‘n groot man baie treë van hom af met een blaas teen die grond kan slaan. By Augrabies is gesien hoe hy sy lyf vier meter bo die water uitsteek en dan met een hou ‘n kalf morsdood byt.

Hy kan ook vreeslik bedrieglik wees op die wyse wat hy homself voordoen. Meisies moet baie versigtig wees wanneer hulle by die rivier gaan water skep, want hy kan hulle verlief maak en dan stap hulle sommer agter hom aan die rivier in.
Maar dis eintlik by mans wat hy hom op allerhande wyse voordoen. As jy met die voetpad stap en daar lê ‘n knipmes, passop! Soos jy jou hand uitsteek om die mes te vat is hy weer die slang en hy het jou! Of jy loop nog so en skielik staan daar ‘n swart bok by ‘n bos, maar nee, kyk mooi, dis al die tyd ‘n vroumens met sulke swart hare en skerp ogies. Dis hy daardie.
Nou moet jy jou rug draai en wyd om loop en moet hom nie kyk nie, want sy oë trek jou. Hom met ‘n geweer skiet? Nee wat, die koeël val sommer net so van sy lyf af. In die rivier is hy op sy gevaarlikste, want jy kan dalk in sy strale kyk. As jy die strale voel dan moet jy jou rug op hom draai. Uit sy oë kom strale wat soos reënboogstrale lyk en as die strale jou oë vang dan word jou kop dof en jou gedagtes is skoon weg.
Jy word in die water ingetrek, maar jy sal nooit kan vertel wat eintlik met jou gebeur het nie, want die eerste wat jy weer onthou is wanneer jy in die tonnel wakker word. Dis ‘n tonnel in die grond wat onder die water begin, maar later heeltemal droog is.

Die droë grond is soos bankies afgewerk, bankies om op te sit en met bloed gesmeer. Dis die slang se huis en ‘n likkewaan met ‘n wit veertjie op sy neus hou die huis skoon. Die slang sit in die water by die bek van die tonnel, maar nou is hy nie meer slang nie; die onderlyf lyk nou soos ‘n groot geelvis en die bolyf is ‘n vrou met lang swart hare en die vissies swem so deur die hare.
Hier moet jy nou vir jou dood wag tensy jou huismense ‘n towenaar en ‘n bok met ‘n wit bles kan bring. Dit kan maar ‘n swart of rooi bok wees, maar die bles voor die kop moet baie duidelik wees. Die towernaar, ‘n mens noem hom Pollie-om-die-hoekie, belowe dan vir die slang die bok. Die slang skiet jou deur die lug oor die water dat jy daar op die droë grond val. Jou kop is natuurlik weer dof en jou mense moet jou vang en vasmaak, want jy is nou half malkop soos ‘n dier.
Ou Pollie se blik met medisyne moet reg staan en met ‘n lepel moet die mense jou tande oop beur om die medisyne in te kry. Die medisyne sal jou naar maak en goeters wat lyk soos die geel van ‘n eier sal uit jou maag kom. So na die tweede blik vol medisyne kom jou kop eers reg.
Dis omdat die slang hom op verskillende maniere voordoen dat geen mens eintlik weet hoe hy lyk nie en daarom is daar mense wat nie aan die slang glo nie. Elke jaar verdrink daar mense in Grootrivier, maar dis nie sommer verdrink nie, dis die slang se werk. Partymaal hoër op, partymaal laer af, dit is maar soos hy wei, maar elke jaar kom haal die groot slang vir hom ‘n paar mense.
Die Kalahari-Boesman het van die suide oor Grootrivier noordwaarts getrek en het hulle eie verhaal van die slang gehad. Volgens Kalahari Mac was die slang bekend as Njoriquekagame en omtrent so groot soos ‘n trein. Hy het sommer alles wat hy teëkom ingesluk en mens en dier kan binne in sy maag lewe.

Deur: A.K. Cornelissen. Alwyn het hierdie geskiedenis in die 1970's aangeteken.
Hierdie is die mees digbevolkte besproeiingsgebied van ons land met die droë kalkvlaktes van Kenhardt en Boesmanland na die suide en die sandduine van die Kalahari na die noorde.
Vir my as geoloog is dit ‘n gebied van oorsaak en gevolg, van waarneem en interpreteer en dan na alles die gebied waar ‘n mens jou medemens kan dien om ten volle mens te wees. Kyk na die sweetkolle op die hemp van arbeider, kyk na die kameeldoringboom en wonder hoe oud hy is, kyk na die kalkvlaktes en wonder hoe het dit ontstaan en dan eers as jy weet dat jy min weet sal dinge waarde kry, en eers as jy raaksien sal jy sien hoe baie hier is om te sien.
Hier is die sewestêr en die suidekruis snags helder, want hier is die lug skoon. Hier was die pioniers natuurmens en ons bring hulde aan hulle wat ons voorgegaan het.

Verwysing: Wollie Burger
Saamgestel: Johan Swart. Beelde bygevoeg vir duidelikheid.
Naslaan Verwysings: