Onlangs ry ons deur die Boesmanland oppad tussen Kenhardt en Brandvlei. Na die goeie reëns van die afgelope somer het die klipwoestyn plek gemaak vir ‘n goudgeel graslandskap en terwyl my oë oor die vlaktes dwaal, sien ek daar in die verte ‘n tipiese ou plaasopstal.
Soos in die geval van meeste plase staan hierdie opstal ook leeg. Die boer bly nie meer daar nie. Droogtes die afgelope paar jaar het oorlewing moeilik gemaak en die gesin het dorp toe getrek en vandaar bestuur die boer sy boerdery en vroulief moet self uitspring om die die pot aan die kook te hou en ‘n verdere voordeel, die kinders kan sommer uit die huis skoolgaan.
En so word die plaasopstal net ‘n herinnering aan ‘n vervloë tydperk. ‘n Tyd toe die gebeure op die plaas nog die sake van die dag was en dit die hele lewe van die mense daar omsluit het. Toe was trekdiere en ‘n waentjie of kapkar nog die vervoermiddel en die naaste dorp ‘n dagreis ver - die plaas ‘n klein oase in die uitgestrektheid van die Boesmanlandse vlaktes.
Terwyl die kilometers en die telefoonpale langs die teerpad verbyflits, verlang ek na ‘n tyd toe klein seuntjies met plaashonde en voëlrekke om die nek vroeg in die more patryse by die veesuiping gaan voorlê het, en al wat die stilte verbreek is ‘n vaalkorhaan se geroep in die oneindigheid van die landskap.
Mense assosieer plaaslewe met stilte, maar daardie stilte is ‘n ander soort stilte. Eers as jy aan die stilte gewoond raak, kom jy agter dis anders. Dis ‘n stilte met baie geluide. Geluide wat deel vorm van ‘n groot geheel, sonder om inbreuk te maak op die rustigheid. Geluide wat jou lewenslank sal bybly.
Die eenvoudige karoostyl-plaashuis met sy bekende gewel en voorstoep en ‘n windpomp met ‘n sementdam, alles omring deur ‘n paar half verdroogde peperbome. ‘n Ent daarvandaan staan ‘n werkershuisie; net ver genoeg om privaatheid te verseker.
Soos in die geval van meeste plase staan hierdie opstal ook leeg. Die boer bly nie meer daar nie. Droogtes die afgelope paar jaar het oorlewing moeilik gemaak en die gesin het dorp toe getrek en vandaar bestuur die boer sy boerdery en vroulief moet self uitspring om die die pot aan die kook te hou en ‘n verdere voordeel, die kinders kan sommer uit die huis skoolgaan.
En so word die plaasopstal net ‘n herinnering aan ‘n vervloë tydperk. ‘n Tyd toe die gebeure op die plaas nog die sake van die dag was en dit die hele lewe van die mense daar omsluit het. Toe was trekdiere en ‘n waentjie of kapkar nog die vervoermiddel en die naaste dorp ‘n dagreis ver - die plaas ‘n klein oase in die uitgestrektheid van die Boesmanlandse vlaktes.
Terwyl die kilometers en die telefoonpale langs die teerpad verbyflits, verlang ek na ‘n tyd toe klein seuntjies met plaashonde en voëlrekke om die nek vroeg in die more patryse by die veesuiping gaan voorlê het, en al wat die stilte verbreek is ‘n vaalkorhaan se geroep in die oneindigheid van die landskap.
Mense assosieer plaaslewe met stilte, maar daardie stilte is ‘n ander soort stilte. Eers as jy aan die stilte gewoond raak, kom jy agter dis anders. Dis ‘n stilte met baie geluide. Geluide wat deel vorm van ‘n groot geheel, sonder om inbreuk te maak op die rustigheid. Geluide wat jou lewenslank sal bybly.
Die weemoedige gekoer van ‘n namakwaduifie op ‘n Sondagmiddag. Die geroep van ‘n swerm kelkiewyne as hulle vroeg in die oggend hoog bo die opstal verbyvlieg op pad na ‘n watergat. Die geluid van ‘n windpomp se kreun en kraak as die wiel stadig in ‘n ligte windjie begin draai.
Jy hoor die stang diep onder in die boorgat teen die pyp raak en dan die ritmiese tik...tok, tik...tok van die windpomp wat stadig versnel en jy wag en wag totdat die helder blink water by die pyp uitborrel en onder in die dam val.
Mag daar altyd ‘n plek vir windpompe wees en mag die reëns elke jaar betyds kom. En mag die omstandighede so wees dat die familieplase in ons boere se besit sal bly.