Ons verstaan nie vandag meer hoe diere, en veral springbokke, deur die Noord-Kaap en Kgalagadi getrek het nie. Daar was op sekere stadiums miljoene springbokke, wat dan weer in hope gevrek het weens droogtes. As ons deesdae n groepie van 50 springbokke sien is dit nogal iets spesiaals.
Daar is boeke geskryf oor die springbok migrasies. Die bekendste boek waarvan ek weet is "The Crowded Desert - The Kalahari Gemsbok National Park" van Wilf Nussey. Die eeste uitgawe was in 1933. Dit lyk my jy kan nog n paar gebruikte boeke koop, onder andere op Amazon. As jy my ken kan jy dit kom leen om te lees.
Elias le Riche vertel dat hy en sy pa Joep al vir ure moes wag vir 15,000 springbokke, wat 10km diep gestaan het, om verby te beweeg.Daar was ook massiewe springbok migrasies tussen 1887 en 1896 in die Prieska omgewing. Tussen Prieka en Draghoender, n afstand van 75km, kon n besoeker skaars n weg vind deur die massas springbokke. n Groot bydrae tot die migrasies was weiding en water in die droeer jare.
Op n plaas by Witvlei het n boer met sy familie hul put beskerm met gewere, want hul dam was reeds vol dooie springbokke soos hulle mekaar vertrap het om by die water uit te kom. Die springbokke het die oorhand gekry by die put, al het hulle op die springbokke geskiet. Van die springbokke het binne die put beland todat die put vol dooie springbokke was. Teen die aand het die springbokke begin wegtrek.
Daar het natuurkundiges uit die Kaap gekom om n opname van die springbokke te kom doen. Na beraming was daar 100miljoen in totaal soos wat hulle deur die distrikte gery het deur die magdom springbokke.
Die massas springbokke was so groot dat hulle vee en selfs leeus verdryf of vertrap het. Natuurlik was alle weiding verwoes deur die springbokke. Die res was vertrap.
Die springbokke het noordwaarts getrek op soek na weiding en water, want die droogte jare het aangebreek. Die wat die Oranje rivier ken sal weet dat dit party plekke dig bebos by die oewers is, en dus bykans onmoontlik was om by die rivier uit te kom. In ander plekke was daar walle teen die rivier. By ander plekke was die modder so dik dat diere nie naby die water kon kom nie. Die springbokke het dieselde probleem gehad en het in die Upington omgewing weswaarts gedraai.
Die meeste springbokke het by die Atlantiese oseaan uitgekom en daar seewater begin gesuip. Daar het hulle in hul miljoene gevrek en in hope langs die strande gele. Hierdie was maar een van die 4 groot trekke waarvan ons vandag weet en wat in boeke beskryf is.
Wat jy ook moet besef is dat die Oranje rivier wat ons vandag ken nie altyd konstant vloeiende water gehad het nie. Dit was party jare so droog dat jy oor die rivier kon loop deur van rots tot rots te spring. Dit is maar net sedert die bou van groot opgaar damme, soos die Gariepdam (in 1971 en die grootste dam in SA) en die Vanderkloofdam (in 1977 en die 2de grootste in SA), dat watervloei beheer word.
Die huidige Kgalagadi Oorgrens Park is omhein aan die westelike en suidelike grense. Die oprigting daarvan het begin toe Joep aan bestuur gekom het. Dit was gedoen om die diere wat op daardie stadium nog daar was, binne te hou. Diere was buite die park grense geplunder totdat daar amper niks meer oorgebly het nie.
Die westelike heining is eers mid 1966 voltooi tussen Suid Afrika en Namibia. Aan die Botswana kant is dit nog meestal sonder grensdrade toe ons nog laas daar was.
Ons almal moet dankie se vir die Le Riche familie, wat oorspronklik die Kgalagadi area begin beskerm het. Nie net teen die uitbreiding van plase nie, maar ook teen stropers uit die destydste Bechuanaland, maar ook uit die suide in die Mier distrik. Daar was geen moderne vervoer nie. Dit was donkies, perde, kamele en osse.
Joep le Riche n Ford motorkar in Upington kom koop waarvoor die parkeraad nie wou betaal nie, want daar was nie geld nie. Die parkeraad het hom wel n lening gegee wat hy moes terug betaal, met rente. Hy moes dus maar op sy eie onkoste die Fordjie betaal.
Ek onthou nog self die pad van Askham tot Twee Rivieren toe dit nog n sandpad was. Dit was iets vreesliks. Gelukkig het ek darem n 4x4 gehad, maar dit was maar nog steeds rof en onbeskof. Hoe n mens met n gespeekte dunwiel Fordjie dit kon aandurf slaan my dronk. Deesdae is dit teerpad en die sowat 60km vlieg vinnig verby. Joep Le Riche het n paar dae soontoe gery met die Fordjie! Dit was darem vinniger as die donkies.
Die park het eers middel 1931 tot stand gekom. In 1954 was daar n totaal van net oor die 500 besoekers. Deesdae sukkel jy om plek te kry.
Ek haal my hoed af vir julle wat hierdie spesiale plek bewaar het vir ons nageslagte. Christoffel le Riche het hom uiteindelik as n handelaar kom vestig in die Mier distrik. Hy het n plaas, Saulstraat in die distrik van die Vilanders gekoop. Johannes en Joep (die laatlammetjie) was 2 van sy seuns.
Die "le Riche" Park Bewaarders was as volg:
- Johannes le Riche sedert 1931, en ook betrokke by die park se ontstaan
- Toe sy broer, Joep sedert 1934, vir die volgende 36 jaar tot 1970
- Toe Joep se seun, Stoffel vir 10 jaar
- Toe Joep se jongste seun, Elias tot 1995
Stoffel en Joep was lank reeds, voor hulle aanstellings, by die park betrokke, toe Joep nog die Park Bewaarder was. Stoffel was by Mata-Mata en Elias was by Nossob gestasioneer vir baie jare. By Nossob was daar n enkele tentjie waarin Elias gebly het. Uit hierdie hoof-kwartiere het hulle hul werk verrig. Elias het ondermeer die Nossob infrastruktuur, die noordelike paaie, boorgate ensovoorts gebou en onderhou. Behalwe dit moes hulle ook met stropers deel.
Elias se gesegde sal ek nooit vergeet nie.
• n Man se Hemel… • n Vrou se Verdriet… en • n Motorkar se Hel.
Jy kan meer oor die Le Riche familie hier sien. Jy kan ook na Elias se Facebook blad kyk. Daar is ook interessante stories en video's.
Daar is n klomp goeie boeke beskikbaar by Twee Rivieren. Onder andere.
- Africa. The legents live on. (Deur Jan Roderigues)
- A collection of hair-raising stories, from the heart of the African bush
- History of the Kgalagadi National Park (Deur Koos Marais)
Saamgestel deur: Johan Swart