Ek hoor so baie stories van mense wat se hulle sukkel met n solar stelsel, soos byvoorbeeld:
• Die stelsel bly “trip” • Ek kan net in die middag bad, anders het ons nie genoeg krag vir die nag nie. • Ek moet die verkoeler vroeg afsit, anders sit ons in die donker vannaand. • Ek kan net vir 2ure TV kyk in die aand. (n TV gebruik maar om en by 120W. Jy het n ander problem) • Die stelsel bly afsit in die vroee oggend ure. • As die son nie skyn nie moet die kragopwekker heeldag hardloop. • Die donderweer slaan my elektroniese toerusting stukkend. • ens. Die rede vir die meeste van die bogenoemde probleme is omdat daar nie genoeg aandag aan die begin gegee is aan al die komponent dele nie. Lees gerus al die vorige seksies om te voorkom dat jy nie soortgelyke probleme ondervind nie. Al die voorkomende maatreels word in die seksies beskryf. As jy alles reg beplan het, behoort jou stelsel vir ten minste 1 jaar ononderbroke altyd beskikbaar te wees. Die enigste tyd wanneer jy die stelsel moet afsit is wanneer daar hewige donderweer is. Sit dan ook alle kragskakelaars af. Jou sonpanele behoort ook deur n sekering (fuse) skakelaar beskerm te wees. Sit dit af sodat n bliksemstraal nie verder deur jou stelsel kan versprei nie. En onthou, 99% van installeerders kom doen net n installasie volgens jou behoeftes. As jy dus nie jou behoeftes verstaan nie kry jy doodeenvoudig n standaard installasie wat tien teen een nie aan jou behoeftes gaan voldoen nie. Dit is soos om te se jy soek n kar, sonder om enige-iets te spesifiseer. Jy kry dalk n 14 honderd Nissan. OK, dan bly jou karavaan maar van nou af by die huis! En as jy op n slegte grondpad ry, koop jy volgende jaar n ander ryding. Dit kan dus n duur affere word! Dit dan voltooi die reeks oor huishoudelike sonstelsels. Ek hoop jy kon van die informasie gebruik tot jou voordeel.
Deur: Johan Swart.